Staking kom by Transnet óók
2012-10-08 18:02
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.20 | -1.93% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.79 | -0.99% | 1371.18 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.56 | -1.21% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1351.40 | -1.68% | 40784.31 | 0% |
Johannesburg – Werkers by Transnet sal volgende week 'n een dag lange staking hou wat deur die SA Transport and Allied Workers' Union (Satawu) gelei sal word, het die maatskappy gesê.
Mboniso Sigonyela, hoofbestuurder van Transnet, het gesê die maatskappy het 'n kennisgewing ontvang dat die staking op Maandag, 15 Oktober sal plaasvind.
"Ons oorweeg die kennisgewing en sal gebeurlikheidsmaatreëls in werking stel om te verseker dat ons dienste minimaal ontwrig word indien die staking wel sou plaasvind," het hy in 'n verklaring gesê.
Die werkers staak in solidariteit met stakende vragmotorbestuurders.
Vincent Masoga, woordvoerder vir Satawu, het gesê die maatskappy het verlede Vrydag 'n kennisgewing oor die staking by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ingehandig.
Satawu dring aan op 'n salarisverhoging van 12% vir sy werkers, maar het intussen gesê dat hy bereid is om te onderhandel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA