Stakende bestuurders in Gauteng verwerp aanbod
2012-09-25 21:34
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | -1.2% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.45 | -0.36% | 1340.29 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -1.26% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1375.95 | -0.14% | 41815.36 | 0% |
Johannesburg – Hoop vir ‘n vinnige skikking in die landwye staking deur meer as 20 000 vragmotorbestuurders is verpletter nadat die stakers in Gauteng Dinsdag hul werkgewers se jongste aanbod verwerp het.
“Die Gauteng-takke het die 8,5% [aanbod] verwerp,” het Vincent Masoga, woordvoerder van die SA Transport and Allied Workers Union (Satawu), gesê.
Hulle wil hê hul leiers moet teruggaan en vra vir die 12% verhoging waarop hulle aandring.
Nietemin het gesprekke by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Johannesburg Dinsdagmiddag voortgegaan. Vakbonde van die oorblywende provinsies en werkgewers het voortgegaan om die 8,5% verhoging wat ter tafel gelê is te bespreek, het hy gesê.
Die KVBA het sopas die fasilitering van ‘n ses weke lange staking by die Lonmin-platinummyn in Rustenburg afgehandel.
Stakende vragmotorbestuurders het vroeër klippe na vragmotors in Johannesburg se middestad gegooi.
Hoof supt. Wayne Minnaar het maatskappye aangeraai om vir hul werknemers te sê om geen vragmotors na die Johannesburgse middestad te stuur nie om sodoende verdere geweld en skade aan vragmotors te voorkom.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA