Staatsamptenare se salarisse bekyk
2012-10-25 17:45
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.40 | -0.96% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.27 | -0.3% | 1365.50 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.07 | -0.61% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.10 | -0.42% | 41413.44 | 0% |
Kaapstad – Die regering kan miljarde rande bespaar indien staatsamptenare se salarisse beter gemonitor word, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Donderdag gesê.
Gordhan het voor sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement aan joernaliste gesê die staat kan dalk mense betaal wat nie eintlik werk nie.
"Daar is 'n aantal surpluspersoneel in die openbare diens, wat nie op die oomblik ontplooi is om te werk nie."
Gordhan het gesê daar is 'n "kategoriese toewyding" van die kabinet om te praat oor die R340 miljard wat jaarliks op die salarisse van staatsamptenare bestee word.
Lindiwe Sisulu, minister vir die staatsdiens en administrasie, sal dié proses lei en deur die nasionale tesourie ondersteun word.
"Miljarde rande kan bespaar word indien ons dit uitsorteer," het hy gesê.
Nóg 'n kwessie wat Gordhan bekommer, is verhoogde salarisvlakke.
"Ons wil ook sien of daar in sommige gevalle te veel admistratiewe personeel is, wat vergelyk word met geskoolde personeel soos verpleegsters, onderwysers en dokters," het Gordhan gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA