Sluiting van myne is 'afpersing' – Zuma
2013-02-05 09:40
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.56 | 0.18% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.46 | -0.42% | 1357.42 | -0.4% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.67% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1387.93 | -0.02% | 40817.19 | -0.09% |
Kaapstad – Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê mynmaatskappye maak hulle skuldig aan afpersing wanneer hulle planne aankondig om myne te sluit en werkers af te dank.
Zuma se kommentaar, wat op CNBC Africa uitgesaai is, volg nadat die regering, vakbonde en die ANC planne van Anglo Platinum (Amplats), om twee myne te sluit en 14 000 werkers af te dank, sterk teengestaan het.
“Wanneer die mynmaatskappye sê ons gaan sny, ons gaan sluit... Jy sien, dis amper afpersing,” het Zuma gesê.
Hy het ook gesê “laer lone in die mynbedryf het ons in die moeilikheid gekry”.
Suid-Afrika se platinum- en goudsektore is verlede jaar deur gewelddadige stakings en arbeidsgeweld geruk. Meer as 50 mense is dood en die uitset van verskeie topmyne is erg geraak.
Anglo American Platinum, die wêreld se grootste leweraar van edelmetaal, het Maandag aangekondig dat hy 'n jaarverlies van R6,3 miljard gely het.
"Uit 'n bedryfsoogpunt was 2012 'n moeilike jaar vir Anglo American Platinum en die platinumbedryf as geheel," het Chris Griffith, uitvoerende hoof, in 'n verklaring gesê.
Die verlies verteenwoordig 'n afswaai van 180%, ná 'n wins van R7,9 miljard in 2011.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters