Sitstaking begin weer by Carletonville-mynskag
2012-11-02 10:59
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.57 | -1.68% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -1.52% | 1334.22 | 1.18% |
| Rand/€ |
 | 12.31 | -1.93% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1381.97 | -0.29% | 41483.86 | 0.98% |
Johannesburg – Nog 'n sitstaking het Vrydag by AngloGold Ashanti se Tau Tona-skag naby Carletonville begin terwyl werkers steeds wag op die uitbetaling van 'n bonus wat vroeër aan hulle beloof is.
"Dis vreedsaam, daar is geen skade nie," het Alan Fine, 'n woordvoerder vir AngloGold Ashanti, gesê.
Die maatskappy, wat pas 'n ooreenkoms met 12 000 stakende werkers bereik het om terug te keer werk toe, het die Mponeng-skag gesluit vir herstelwerk ná 'n soortgelyke sitstaking Donderdag, wat beëindig is ná 'n ronde onderhandelings.
Die mynwerkers het volgens Fine 'n klein brand gestig wat elektriese voorraad beskadig het. Die skag sal na verwagting weer Sondag open.
Die bestuur sal intussen met mynwerkers onderhandel om die dooie punt by Tau Tona op te los.
Rodgers Motlhabane, een van die mynwerkers, het per telefoon gesê dat werkers by die Mponeng-skag, een van die diepste ter wêreld, vir hulle skofte opgedaag het sonder dat hulle weet wat aangaan.
'n Gepantserde voertuig het verby die werkers gery en gesê die skag is gesluit.
"Hulle het nooit vir ons verduidelik hoekom ons nie ondergronds kan gaan nie," het hy gesê.
"Ons staak nie, want dis hulle wat ons uitgesluit het."
Kollegas by Tau Tona het hulle later laat weet dat hulle 'n sitstaking sal hou.
Die werkers sal na verwagting by 'n nabygeleë koppie vergader, waar hulle sal besluit wat hulle te doen staan. Hulle moes ingevolge 'n ooreenkoms 'n bonus ontvang met hulle terugkeer werk toe, maar sekere voorwaardes is intussen aan die bonus gekoppel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA