Sakeman se familie veg vir maatskappy
2013-01-29 10:17
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.56 | 0.21% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.46 | -0.42% | 1353.72 | -0.68% |
| Rand/€ |
 | 12.35 | -0.4% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1387.48 | -0.06% | 40998.58 | 0.35% |
Johannesburg – Die eksekuteurs van die boedel van die ontslape sakeman Sandile Majali wil hê die hof moet die toekenning van sy maatskappy se eienaarskap ter syde stel, is Dinsdag berig.
Majali se familie het die hooggeregshof in Johannesburg genader om 'n bemiddelaar se besluit om die eienaarskap van Siyanda Chrome Investments ter waarde van R500 miljoen aan Lindani Mthwa toe te ken, ter syde te stel, berig Business Day.
Majali en Mthwa het volgens die koerant albei beweer dat hulle aandele in die maatskappy het. 'n Bemiddelaar het egter in Oktober 2010 – sonder verteenwoordiging van Majali – besluit Mthwa besit 100% van die maatskappy.
Majali het 'n aansoek voor die hof gebring om die toekenning van die maatskappy ter syde te stel, maar hy het in Desember 2010 gesterf en die aansoek is nooit aangehoor nie.
Business Day berig Majali se familie het aangevoer dat hulle geregtig is op dividende van miljoene rande van Siyanda Chrome Investments.
Adv. Dumisa Ntsebeza SC, vir die eksekuteurs, het aan die hof gesê hy kan ingryp wanneer daar ongerymdhede is oor 'n bemiddelaar se optrede, die bemiddelaar buite sy mag opgetree het of wanneer die toekenning op 'n onbehoorlike wyse verkry is.
Hy het gesê die bemiddelaar het nie 'n geskrewe kennisgewing aan Majali gegee wat sy afwesigheid van die verrigtinge verduidelik nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA