SAA skors waarnemende hoof
2013-02-12 07:00
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.53 | 0.17% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.37 | 0.72% | 1370.06 | 1.59% |
| Rand/€ |
 | 12.31 | 0.24% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.12 | 0.8% | 40865.86 | -2.32% |
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het sy waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors.
"Dit is gebaseer op sekere bewerings wat onder die raad se aandag gebring is en dit is die raad se fidusiêre plig om dit te ondersoek," het die maatskappy in 'n verklaring gesê.
"Dit moet benadruk word dat die raad nog nie 'n besluit geneem het met betrekking tot die waarheid of andersins van hierdie bewerings nie."
Kona is met onmiddellike effek geskors.
SAA het gesê sy raad van direkteurs is in die proses om 'n permanente hoof- uitvoerende beampte aan te stel. Aansoeke is ontvang en die raad is besig om dit na te gaan.
"Die raad is vol vertroue dat die proses teen 31 Maart 2013 afgehandel sal word, wanneer aanbevelings aan die minister van openbare ondernemings [Malusi Gigaba] gemaak sal word."
Die raad het Nico Bezuidenhout, hoof- uitvoerende beampte van Mango, gevra om die groep se werksaamhede te bestuur, het SAA gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA