SA vroue kies loopbane bo babas
2012-08-01 10:40
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.29 | -2.91% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.91 | -1.76% | 1301.25 | -5.1% |
| Rand/€ |
 | 13.58 | -1.37% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1290.45 | -6.12% | 40057.02 | -1.78% |
Johannesburg – Vroue in Suid-Afrika stel al minder daarin belang om met families te begin, en fokus veel meer op hul loopbane en die aankoop van eiendom, het ‘n berig Woensdag gelui.
Hoewel dit die afgelope paar jaar veel moeiliker geword het om 'n eerste huislening te kry, berig Business Day dat verband-goedkeurings vir vroue in die duurder marksektor nou dié vir mans oorskry.
Die kredietburo Compuscan het gevind dat 57% van verbande tussen R1 miljoen en R3 miljoen wat van Januarie tot Maart aan mense onder die ouderdom van 30 toegestaan is, aan vroue gegaan het. Vir verbande minder as R1 miljoen is die syfer 54%.
“Terwyl vroue domineer in die laer ouderdomsgroepe en laer verbandwaardes, is daar ‘n merkwaardige skuif in hierdie neiging in die hoër ouderdomsgroepe en hoër verbandwaardes, waar mans gewoonlik die voortou geneem het,” het die buro se data-ontleder, Jacobus Eksteen, glo gesê.
“Dié verandering kan ook toegeskryf word aan die feit dat toenemend meer vroue kies om nie die tradisionele rolle van moederskap aan te neem tot hul middel of laat dertigs nie. Hulle kies dan ook om die arbeidsmark weer te betree nadat hulle hul kinders grootgemaak het.”
“Ek dink dit is belangrik om te onthou dat hierdie statistiek wissel en van kwartaal tot kwartaal verander,” het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA