SA se gradering val dalk wéér
2013-03-15 07:15
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.65 | -1.09% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.52 | -0.34% | 1367.05 | 1.37% |
| Rand/€ |
 | 12.42 | -0.66% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1380.93 | 0.42% | 41282.73 | -1.32% |
Johannesburg – Daar is ’n moontlikheid van 30% dat Suid-Afrika se kredietgradering oor die volgende 12 tot 36 maande afwaarts aangepas kan word, berig Sake24.
Dr. Konrad Reuss, besturende direkteur van S&P vir Suider-Afrika, sê die grootste risiko is die versuim van die regering om die noodsaaklike dienste te verskaf wat uiteindelik tot ekonomiese groei kan lei.
Dit sluit onder meer in gebrekkige onderwys, openbare veiligheid, maatskaplike dienste en infrastruktuur.
Reuss sê die meeste van Suid-Afrika se probleme is op die een of ander manier gekoppel aan die versuim om noodsaaklike dienste te verskaf.
Christian Esters, ontleder van Suid-Afrika se soewereine status by Standard & Poor’s (S&P), sê die politieke risiko’s en die bestaande beleidsraamwerk maak ’n verlaging van die kredietgradering ’n groter moontlikheid as ’n verbetering.
S&P het Woensdag Suid-Afrika se kredietgradering op nét bokant rommelstatus bevestig en die negatiewe vooruitsig behou.
Esters sê die negatiewe vooruitsig beteken dat Suid-Afrika se kredietgradering oor die volgende 12 tot 36 maande verlaag kan word.
S&P is veral bekommerd oor die uitkringende uitwerking wat arbeidsonrus op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê.
“Die arbeidsonrus het ’n negatiewe uitwerking op die sakeklimaat gehad, wat dit op sy beurt baie moeilik maak om die groot tekort op die lopende rekening in bedwang te bring,” sê Reuss.
– Volg Nuus24 op Twitter