'SA se gesondheidsorg neem af'
2012-09-07 15:10
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.53 | 0.52% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.39 | 0.1% | 1360.56 | -0.17% |
| Rand/€ |
 | 12.33 | -0.24% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1389.31 | 0.08% | 41016.26 | 0.39% |
Johannesburg – Suid-Afrikaners betaal meer vir gesondheidsorg, maar ontvang swakker uitkomste, het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gesê.
“In Suid-Afrika dink ons nie baie aan primêre gesondheidsorg nie,” het hy by die mededingingskommissie se jaarlikse konferensie gesê.
“Terwyl premies [van mediese fondse] styg, neem die sorg van pasiënte af.”
Hy het gesê talle lande wil, as gevolg van die globale ekonomiese krisis, sosiale dienste, veral gesondheid, verminder.
“Gesondheid is ‘n openbare ding en nie net enige ander kommoditeit nie.”
“Ek weet nie van enige minister van gesondheid in die wêreld wat nie oor die bekostigbaarheid van gesondheid bekommerd is nie.”
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA