Rentekoerse daal waarskynlik nie
2012-12-03 13:52
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | -1.2% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.45 | -0.36% | 1340.29 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -1.26% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1375.95 | -0.14% | 41815.36 | 0% |
Kaapstad – Suid-Afrika se reuse-handelstekort hou volgens ekonome ’n risiko in vir inflasie, wat beteken die Reserwebank sal rentekoerse waarskynlik nie verder verlaag nie, het Sake24 Maandag berig.
Die land se handelstekort het in Oktober tot ’n rekord van R21,2 miljard gegroei. Die tekort vir die jaar tot dusver is R104,6 miljard, vergeleke met slegs R9,4 miljard ’n jaar gelede.
Hugo Pienaar, ekonoom van die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Ondersoek, het gesê die swak ekonomiese groei van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote plaas druk op uitvoere.
Boonop het stakings by Impala Platinum en uitgebreide mynstakings in die derde en vierde kwartaal minerale-uitvoer baie negatief benvloed.
Die waarde van edelmetaaluitvoer, insluitend goud en platinum, het volgens Pienaar in Oktober met R1,9 miljard of 14% gekrimp op ’n maand-tot-maandgrondslag.
Die groot handelstekort, tesame met die Marikana-gebeure en wydverspreide stakings is volgens Pienaar waarskynlik een van die groot redes waarom die rand die laaste paar maande wesenlik teenoor die dollar verswak het.
Dit hou ’n risiko vir inflasie in en is ’n rede waarom die Reserwebank waarskynlik nie rentekoerse verder sal verlaag nie, het die publikasie berig.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.