Regering soek wen-wen-oplossing vir e-tolstelsel
2012-09-21 09:36
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.52 | 0.58% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.39 | 0.09% | 1362.92 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -0.12% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1391.22 | 0.21% | 40855.89 | 0% |
Johannesburg – Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het gevra dat mense koelkop bly rakende die Gautengse e-tol-sage en sê die regering op soek na ‘n wen-wen-benadering vir almal wat betrokke is.
“Teoreties, as die regering môre wil begin tolgeld vra, kan hy voortgaan en dit vra, maar dit is nie die kwessie nie,” het Gordhan Vrydag aan SAfm gesê.
“Die kwessie is hoe gaan ons terug na die kiesers en probeer ‘n verstandhouding bereik oor hoe om vorentoe te gaan?
“Van die regering se kant kan ek baie duidelik sê ons soek na ‘n wen-wen-benadering vir hierdie saak en ons hoop dat alle partye by ons sal aansluit om dit te bereik.”
Hy sê ‘n komitee van ministers, met adjunk-president Kgalema Motlanthe as voorsitter, het met “verskeie belanghebbendes” gepraat oor die omstrede e-tolprojek en evalueer hul bekommernisse.
“Ons het hul standpunte oor verskeie kwessies gehoor en of dit reg of verkeerd is en of dit reg is om die e-tolstelsel eerder as ‘n tradisionele tolstelsel te implementeer. Wat is die finansiële kwessies wat ter sprake is?
“Ons is in die proses om al hierdie kommentaar te evalueer sowel as ons eie posisie en ons sal kortliks teruggaan na elkeen van die groepe met wie die adjunk-president vergader het om hulle in te lig van ons siening. Ons sal dan die publiek ook inlig,” het Gordham gesê.
Hy sê daar is verskeie kwessies om die oorweeg, soos om voort te gaan met die e-tolstelsel of om terug te keer na die tradisionele stelsel, of om die heffing op brandstof te verhoog.
“Ons sal onsself moet afvra, gegewe ons huidige ekonomiese konteks, gegewe die feit dat ons hierdie skuld moet betaal, gegewe dat ons nie alle belastingbetalers op ‘n verkeerde wyse wil belas nie, wat is die regte balans om te vind?”
Die hooggeregshof het Donderdag ‘n tydelike bevel wat die e-tolstelsel verhoed het opgehef.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA