R1 miljard se ongerymdhede by SA Express
2012-08-15 14:34
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.00 | -0.41% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.64 | 0.08% | 1402.58 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.40 | -0.66% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1366.80 | -0.02% | 41003.25 | 0% |
Johannesburg – Eksterne ouditeurs het gesê voor SA Express se raad afgedank is, was daar reeds ongerymdhede in rekeninge wat R1 miljard beloop, het Business Day Woensdag berig.
Nkonki Incorporated, die voormalige eksterne ouditeurs, het in sy ouditverslag gesê hy kon nie meer as R1 miljard in rekeningkundige aansuiwerings in die 2010/2011 finansiële jaar bevestig nie en kon nie ‘n opinie oor die rekening gee nie.
Malusi Gigaba, minister van openbare betrekkinge, het die lugredery se raad afgedank ná “groot skeuring” in die verhouding tussen die raad en die minister, het Gigaba se woordvoerder, Mayihlone Tshwete, Dinsdag aan SABC-radionuus gesê.
Die departement het aan die koerant gesê hierdie is “nie R1 miljard wat vermis is nie, dit is R1 miljard se ongerymdhede”.
“Niks gaan ons keer om reg te stel wat by SA Express skade gely het nie, dit is hoekom die nuwe raad aangesê is om te herstel wat herstel moet word,” het Tshwete gesê.
“As die bestuur betrokke is in enige oortredings en die ouditeur-generaal vlek dit oop, sal die minister stappe doen... ons sal die nodige besluite neem.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA