Plaasaanvalle belemmer beleggings in VS
2012-08-15 13:35
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.45 | -0.4% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.41 | -0.92% | 1318.64 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.17 | -0.81% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1394.50 | 0.62% | 41079.55 | 0% |
Bloemfontein – Beleggings van miljoene rande in die Vrystaat se landbou en toerisme sektore kan verlore wees ná ‘n panga-aanval op ‘n plaasbestuurder, het Volksblad Woensdag berig.
Dr. Stephan Rogers, voorsitter van die Amerikaanse boerderymaatskappy SBH Farms, sê dit is “nie meer moontlik vir hulle om so te werk nie”, het die koerant berig.
Rogers se broer Alan (61) en sy meisie is die afgelope week op die plaas Geluk naby Ladybrand aangeval. Rogers sê hul vermoë om ‘n verskil te maak word toenemend deur misdaad bemoeilik.
Rogers verteenwoordig ‘n groep beleggers van die VSA en ander lande wat ‘n kans gewaag en in Suid-Afrika belê het, het Volksblad berig.
“Ons het vir die langtermyn in die toerisme en landbou sektore belê en het miljoene dollar se beleggings ingebring om werk in die Oos-Vrystaat te skep,” het Rogers gesê.
“Diefstal vind weekliks en self meer gereeld plaas. Ons lewens is in gevaar. Ons kan nie so werk nie.”
Alan Rogers, wat skeur- en steekwonde opgedoen het, was Woensdag in ‘n stabiele toestand in die Mediclinic in Bloemfontein.
Die aanvallers het sy meisie vasgebind, maar sy is nie beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA