Onttrekkings by kitsbanke styg
2012-12-20 09:36
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.44 | -1.36% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.40 | -1.24% | 1318.64 | -3.43% |
| Rand/€ |
 | 12.17 | -1.38% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1392.18 | 1.93% | 41079.55 | -0.81% |
Johannesburg – Onttrekkings by kitsbanke regoor die land het tussen 11 en 18 Desember met 6,5% gestyg, in vergelyking met dieselde tyd verlede jaar.
Evan Gilbert, 'n woordvoerder van Spark OTM Stelsels, Evan Gilbert, sê dit wys daarop dat verbruikers nie besnoei op hul besteding tydens die feestyd nie, ten spyte van moeilike ekonomiese toestande.
Volgens Gilbert meet die Spark Kontant Indeks die aktiwiteit by meer as 2 000 kitsbanke.
Die Indeks wys dat die gemiddelde onttrekking vir die tydperk tussen 11 en 18 Desember R484,43 was, wat hoër is as verlede jaar se gemiddeld van R454,55.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter