Obama-oorwinning gee goudprys hupstoot
2012-11-07 12:38
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.00 | -0.37% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.63 | 0.15% | 1402.58 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.39 | -0.58% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1366.80 | -0.02% | 41003.25 | 0% |
Johannesburg – Die goudprys het op sy goeie vertoning die afgelope paar dae voortgebou ná die nuus dat pres. Barack Obama van die VSA tot 'n tweede termyn herverkies is.
Dié styging hou verband met die verwagting dat pres. Barack Obama se regering sal aanhou geld druk om die Amerikaanse ekonomie te ondersteun, het Sake24 Woensdag berig.
Silwer, platinum en palladium het ook stewig gestaan.
Die goudprys het Woensdagoggend met 0,6% gestyg tot $1 726,57 per fynons, ná dit Dinsdag met sowat 2% versterk het tot die hoogste vlak sedert 13 September.
Dit volg na die goudprys tot dusver vanjaar met 10% gestyg het.
Die prys van silwer het in die oggend met 1,3% gestyg, terwyl die platinumprys met 0,6% gestyg het tot $1 563 per ons. Palladium was 0,5% hoër op $621,75 per ons.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.