Nuwe minimumloon vir plaaswerkers bekend
2013-02-04 14:34
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.63 | -0.82% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.51 | -0.23% | 1371.56 | 1.71% |
| Rand/€ |
 | 12.40 | -0.57% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1390.20 | 1.1% | 41133.96 | -1.68% |
Kaapstad – Mildred Oliphant, minister van arbeid, het Maandagmiddag 'n nuwe minimumloon vir plaaswerkers bekendgemaak ná wydverspreide stakings in veral die Wes-Kaap vroeër vanjaar en aan die einde van 2012.
Die nuwe minimumloon is vasgestel op R105 per dag, of R525 per week, wat neerkom op ongeveer R11,66 per uur. Dit is 'n maandelikse salaris van R2274,82. Die bedrag sal van 1 Maart van krag wees.
Lone sal in "die tweede en derde jaar met VPI... plus 1,5 persent verhoog," het Oliphant gesê.
Arbeiders in verskeie dorpe in die Wes-Kaap het in Januarie vir sowat twee weke gestaak en 'n basiese daaglikse loon van R150 geëis.
Die werkers het ook in November verlede jaar gestaak.
Musa Zondi, woordvoerder vir die departement van arbeid, het vroeër gesê baie werk is gedoen om die nuwe loon vir werkers te bepaal.
Hy het gesê openbare verhore oor die kwessie en die werk van die Kommissie vir Diensvoorwaardes "het na die groter prentjie gekyk en 'n aanbeveling aan die minister gemaak".
’n Studie deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het volgens Landbou.com vroeër bevind boere sal ’n verhoging tot tussen R95 en R105 per dag vir seisoenale werkers kan bekostig, na gelang van die boer se belange.
– Volg Nuus24 op Twitter.