Nuwe laekoste-lugredery gou op dreef
2013-03-07 09:23
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | 0.34% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.42 | -0.14% | 1362.17 | -0.06% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.76% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1389.65 | 0.1% | 41035.05 | 0.44% |
Johannesburg – 'n Nuwe laekoste-lugredery met vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad sal volgens berigte in die tweede helfte van die jaar begin sake doen.
Die lugredery, Skywise, mik om die koste van binnelandse vlugte met tot 20% te sny, het die maatskappy se finansiële hoof, Glenn Orsmond, aan Business Day gesê.
Orsmond is die voormalige stigtersdirekteur van die lugredery 1time, wat in November gevou het. Die voormalige uitvoerende hoof van 1time, Rodney James, sal ook Skywise lei.
Die koerant het berig dat die lugredery se lisensie Maandag goedgekeur is, en dat hy binnekort om 'n lugoperateursertifikaat van die burgerlugvaartowerheid aansoek sal doen.
Orsmond het gesê plaaslike lugrederye bied 'n "ooraanbod van duur sitplekke".
"As jy die pryse verlaag, sal jy 'n vraag hê," het hy aan Business Day gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.