Nuwe Telkom-voorsitter bal vuis vir regering
2012-11-20 09:20
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.50 | -0.64% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.33 | 0.47% | 1348.52 | 0.61% |
| Rand/€ |
 | 12.28 | -0.96% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1396.31 | 1.34% | 41721.94 | -0.22% |
Johannesburg – Jabulane Mabuza, die nuut aangestelde voorsitter van Telkom se raad, glo die regering – wat 'n aandeelhouer is – kan nie die maatskappy se strategie bepaal nie, het Business Day Dinsdag berig.
"Die dag wat aandeelhouers jou strategie bepaal, kan hulle netsowel die maatskappy bestuur. Ek ag die regering as 'n aandeelhouer nie verskillend as enige ander aandeelhouers nie," het hy gesê.
Volgens die koerant is dit in sterk teenstelling met die regering se planne om 'n nuwe bloudruk op die maatskappy in te stel.
Die regering is met 39,8%, die maatskappy, wat op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) genoteer is, se grootste aandeelhouer. Die Openbare Beleggingskorporasie (nog ’n staatsbeheerde entiteit) het 10,9% aandele in Telkom.
Mabuza het gesê die kabinet kan nie die strategie van 'n genoteerde maatskappy bepaal nie.
"Dit werk nie so nie. Die regering, as 'n aandeelhouer, het 'n forum wat hy kan gebruik om ander aandeelhouers te oorreed."
Mabuza is Vrydag aangestel en moet strategieë ontwikkel wat aan aandeelhouers voorgelê gaan word. Hy glo Telkom kan 'n balans handhaaf om aan die regering se sosio-ekonomiese doelwitte en die openbare sektor se behoeftes te voorsien.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA