Nuustydskrif gedagvaar oor 'wanvoorstellings'
2012-08-08 10:46
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | -1.2% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.45 | -0.36% | 1340.29 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -1.26% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1375.95 | -0.14% | 41815.36 | 0% |
Johannesburg – Uitvoerende beamptes van die mediamaatskappy Independent Newspapers dagvaar die nuustydskrif Noseweek ná die publisering van 'n artikel wat die maatskappy van omkopery en geldverduistering beskuldig, het The Star Woensdag berig.
Volgens die hofdokumente wat op Noseweek se redakteur, Martin Welz, bestel is, eis Independent se Kaapse hoofredakteur, Chris Whitfield, die voormalige Gautengse hoofredakteur, Moegsien Williams, en die uitvoerende hoof, Tony Howard, skadevergoeding van R350 000.
"Ons het Noseweek oorgenoeg geleentheid gegee om hulle wanvoorstellings reg te stel, en hulle het versuim om dit te doen," het Whitfield gesê.
Independent Newspapers het volgens die Noseweek-artikels 'n ooreenkoms met Auction Alliance aangegaan oor die publisering van inligting oor omkoopgeld in verband met veilings.
Welz het gesê hy sal die artikel verdedig.
"Ek dink ek het meer as 'n goeie kans. Ek het al van tevore met sulke sake te doen gekry en ek het nog nooit 'n saak verloor nie," het hy gesê.
"Ek dink dis goed en wel as lede van die media rusie maak en mekaar in rubrieke kritiseer. Dis egter 'n heel ander ding... [wanneer] hulle mekaar hof toe sleep."
– Volg Nuus24 op Twitter.