Nigerië gee vet, SA bly agter
2013-02-08 08:21
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.57 | -1.68% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -1.52% | 1334.22 | 1.18% |
| Rand/€ |
 | 12.31 | -1.93% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1381.97 | -0.29% | 41483.86 | 0.98% |
Johannesburg – Ontwikkelende lande sal vanjaar weer die momentum vir die wêreldekonomie verskaf, terwyl Europa steeds die kwelpunt sal wees.
Só het Goolam Ballim, hoofekonoom van Standard Bank, volgens Sake24 op 'n ’n inligtingsessie oor die vooruitsigte vir die wêreldekonomie gesê.
Afrika behoort veral uit te blink, het hy volgens die publikasie gesê.
“In 2013 sal daar ’n algemene verbetering in die per capita-inkomste en welvaart in Afrika wees,” het hy verduidelik. Suid-Afrika, met ’n geraamde groeikoers van minder as 3%, sal egter een van die minder belowende lande wees.
“Die werklikheid is dat Nigerië binne die volgende vyf jaar Suid-Afrika gaan verbysteek as die grootste ekonomie op die vasteland,” het Ballim gesê.
Hy het ook benadruk dat die eerste paar maande van die jaar belangrik sal wees omdat Suid-Afrika dan aan markte sal wys watter beleidsrigtings ingeslaan word.
“Vooruitgang in Europa sal inkrementeel eerder as substansieel wees,” het Ballim oor die vooruitsigte vir dié deel van die wêreld gesê.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.