Myn staan stil ná twee doodgeskiet word
2012-11-01 10:40
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.57 | -1.46% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.40 | 0.01% | 1348.56 | 0.62% |
| Rand/€ |
 | 12.30 | -1.11% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.47 | -1.26% | 41836.02 | 0.05% |
Durban – Die Kanadese mynmaatskappy Forbes & Manhattan Coal het bedrywighede by sy myn in die dorp Dannhauser in die noorde van KwaZulu-Natal opgeskort ná twee mans op die mynperseel dood is.
"In 'n poging om die veiligheid van ons werkers te verseker en om ons bates te beveilig, het ons besluit om alle bedrywighede op te skort tot die omstandighede veilig en aanvaarbaar is," het Stephan Theron, die maatskappy se uitvoerende hoof, in 'n verklaring op die maatskappy se webwerf gesê.
Veiligheidswagte het twee mans doodgeskiet toe hulle probeer het om by 'n gebou by die Magdalena-myn in te breek. Een van die mans was 'n werknemer van die myn.
Twee aanklagte van moord word ondersoek. Die polisie het die veiligheidswagte se vuurwapens gekonfiskeer om vas te stel wie die skote afgevuur het.
Bongani Manyoni, die mynwerkersvabond se provinsiale sekretaris vir KwaZulu-Natal, het bevestig dat een van die mans 'n lid van die vakbond was. Hy is geïdentifiseer as Sanele Mthethwa. The Witness het die tweede man as Alfred Mdiyako geïdentifiseer.
Mynwerkers staak al sedert 17 Oktober by die Magdalena-steenkoolmyn.
Volgens Manyoni het die mynwerkers aanvanklik 'n verhoging van R3 000 per maand vir die laags besoldigde werknemers geëis. Dié eis is intussen aangepas na R1 500 en R2 000.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA