Moeilike taak wag op Gordhan
2013-02-27 10:34
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Kaapstad – Meer fondse om die werkloosheidskrisis en armoede te bestry tel onder die belangrikste aspekte waarvoor nieregeringsorganisasies (NRO's) Woensdag in die begrotingsrede hulle ore sal spits, het Eyewitness News Woensdag berig.
Verskeie nieregeringsorganisasies het hulle wense vir die volgende finansiële jaar se begroting bekend gemaak voor Gordhan se toespraak in Kaapstad.
Die organisasie Black Sash wil volgens die publikasie hê die grootste deel van die beskikbare fondse moet spandeer word op oplossings vir armoede en werkloosheid.
“Baie mense in Suid-Afrika lewe sonder werk; regeringsingryping is nodig," het die Black Sash se Nkosi-khulule Nyembezi gesê.
Die Suid-Afrikaanse Forum vir Bejaardes (SAOPF) het op sy beurt gesê beter maatskaplike toelaes vir bejaardes kan 'n daadwerklike verskil maak.
“Ek sou graag 'n verhoging in die toelae vir bejaardes wou sien,” het Rudolf Kay, die groep se koördineerder, gesê.
Die onderwyswaghond Equal Education het gevra dat Gordhan aan onderbesteding in opvoeding aandag gee.
Dié groep het Dinsdag buite die parlement betoog teen die swak infrastruktuur by sommige skole in die land.
“Kinders woon en leer steeds in haglike omstandighede. Ons het steeds 3 700 skole wat nie elektrisiteit het nie en meer as 2 000 skole wat nie water en sanitasie het nie,” het Yoliswa Dana, woordvoerder vir die organisasie, gesê.
Die vakverbond Cosatu het op sy beurt gesê hy verwag veral dat Gordhan aandag sal skenk aan inisiatiewe vir werkskepping vir jongmense, sowel as beter bedfondsing vir onderwys.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.