Minister prys Woolworths
2012-09-07 23:02
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.51 | -0.75% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.36 | 0.26% | 1328.19 | -0.9% |
| Rand/€ |
 | 12.30 | -1.16% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1385.97 | 0.59% | 41565.57 | -0.6% |
Johannesburg – Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Woolworths geprys vir sy standpunt oor gelyke indiensneming.
"As die regering van Suid-Afrika en diegene wat streef na transformasie, sal ons aanhou om maatskappye soos Woolworths aanmoedig om aan te hou met die transformasie en integrasie van die samelewing," het sy in 'n verklaringv gesê.
Die vakbond Solidariteit het vandeesweek 'n veldtog begin om Woolworths te boikot nadat die maatskappy sy ultimatum om advertensies wat wit mense uitsluit, te verwyder.
Woolworths het gesê hy het as 'n werkgewer met meer as 50 werknemers 'n verpligting om sy indiensnemingsteikens na te kom.
Oliphant het gesê Woolworths is een van die maatskappye wat in 2009 onderhewig was aan 'n hersienproses in terme van die Wet op Gelyke Indiensneming.
"Tydens die proses, soos enige ander werkgewer wat hersien is, het Woolworths onderneem om sy maatskappy te transformeer deur sy indiensnemingsplan, wat deur die direkteur-generaal goedgekeur is, te implementeer," het sy gesê.
Die minister het gesê nadat 'n opvolghersiening in die 2011/2012 boekjaar gedoen is, het die maatskappy vordering getoon.
"Hoewel daar diegene is wat haat om integrasie in die werkplek en die samelewing te sien, wil hulle fout vind met diegene wat werklik gelyke indiensneming implementeer as 'n manier om ons pynvolle verlede en wanbalans aan te spreek."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA