Minister paai beleggers oor platinumbedryf
2012-08-24 07:21
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.57 | -1.46% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.39 | 0.08% | 1348.56 | 0.62% |
| Rand/€ |
 | 12.30 | -1.13% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1373.58 | -0.31% | 41836.02 | 0.05% |
Johannesburg – Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het probeer om buitelandse beleggers te paai oor die spanning in die platinumbedryf.
Davies sê aandele in die Lonmin-mynmaatskappy is geraak deur die geweld waarin talle stakers dood is, maar sê die regering het begin ingryp.
Hy sê dit is 'n reuse-tragedie, maar daar moenie te veel oor die land se breër beleggingsklimaat daarin gelees word nie.
RSG berig honderde werkers by die nabygeleë Royal Bafokeng-platinum-myn het vroeër ook gestaak, terwyl die wêreld se voorste platinum-produsent, Anglo American Platinum, ook eise van sy werkers ontvang het.
Roudienste is Donderdag landwyd gehou vir die 34 werkers wat verlede Donderdag by Marikana in Noordwes doodgeskiet is.
Die interministeriële komitee oor die Marikana-skietery sê intussen hulle lede het 'n gedenkdiens ter ondersteuning van die bedroefde families verlaat omdat dit in 'n politieke platform omskep is.
Die radiostasie berig lede van die span het padgegee nadat die uitgeskopte leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, weer in sy toespraak die regering die skuld vir die gebeure by Lonmin gegee het.
Die komiteevoorsitter, Harold Maloka, sê die diens het vreedsaam verloop totdat dit in 'n politieke saamtrek ontaard het.
Die SABC het vroeër vandeesweek berig die prys van platinum het tot sy hoogste vlak in byna vier maande gestyg ná die nuus dat werknemers by ander maatskappye óók salarisaanpassings geëis het.
Volg Nuus24 op Twitter