Minder in SA het huishulpe, toon opname
2013-01-31 15:35
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.56 | 0.23% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.43 | -0.22% | 1362.92 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.36 | -0.47% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1391.22 | 0.21% | 40855.89 | 0% |
Johannesburg – Die getal huishulpe in Suid-Afrika het oor die afgelope 10 jaar afgeneem, het 'n opname getoon.
Die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede (SAIRR) het bevind dat die getal van huishulpe van 1 215 000 in 2003 tot 1 153 000 in 2012 afgeneem het. Dít was 'n afname van 5%.
Georgina Alexander, navorser van die SAIRR, het gesê dit is 'n aansienlike afname omdat die land se middelklas oor dieselfde tydperk toegeneem het.
Gemiddelde huishoudelike inkomste het ook oor die laaste dekade met 113% gestyg.
"Die afleiding is dat Suid-Afrika se middelklas minder geneig is om huishoudelike werkers in diens te neem as wat in die afgelope dekades die geval was," het Alexander gesê.
"Die redes hiervoor is nie bekend nie en moet aan bespiegeling oorgelaat word."
Sy het gesê strenger arbeidswette en minimunloonvereistes, bekommernisse oor veiligheid, kleiner huise en eiendomme en rasse- en kultuurskuiwe in middelklas-houdings, kon bygedra het tot die afname.
Verhoogde elektrisiteit- en brandstofpryse en meer skuld kon ook 'n rol gespeel het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA