Miljarde op boere in nood spandeer
2012-08-13 18:56
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | 0.3% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.42 | -0.15% | 1355.11 | -0.57% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.68% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1389.23 | 0.07% | 40942.56 | 0.21% |
Kaapstad – Die regering het van 1 April 2010 tot 31 Desember 2011 geld in sowat 600 plase wat in nood was ingepomp, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Maandag gesê.
Nkwinto het in antwoord op ‘n geskrewe vraag van ‘n opposisie-LP gesê dat R1,3 miljard spandeer is om 411 boere wat in nood was teen April verlede jaar by te staan.
Teen Desember het hierdie bedrag meer as verdubbel.
“Vir die tydperk 1 April 2011 tot 31 Desember 2011 is daar met altesaam 595 projekte gehelp, insluitende die plase wat in die 2010-2011 finansiële jaar bygestaan is,” het Nkwinti gesê.
“In totaal is finansiële bystand van R3 585 223 614,79 verskaf.”
Dit sluit in finansiële en tegniese bystand in die vorm van gekontrakteerde strategiese vennote, mentors en in sommige gevalle diensverskaffers om dienste te bied soos waternetwerkstelsels.
Nkwinti het erken dat die staat nie sy doelwit sal bereik om 30% van landbougrond wat in blankes se besit is teen 2014 aan opkomende swart boere oor te dra nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA