Mediese pryse kan sektor knou
2012-09-21 07:24
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.40 | -0.96% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.27 | -0.3% | 1365.50 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.07 | -0.61% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.10 | -0.42% | 41413.44 | 0% |
Kaapstad – Die ekonomiese-konsultasiegroep Econex het gewaarsku dat die regulering van pryse in die private gesondheidsektor onvoorsiene nagevolge kan hê, berig Beeld.
Dr. Nicola Theron, direkteur van die groep, het gesê mediese praktisyns kan emigreer, die gehalte van dienslewering kan verlaag en dit kan selfs gebeur dat kontantbedrae “onder die tafel” geruil word vir voorkeurdiens.
Theron was aan die woord by die Suid-Afrikaanse hospitaalvereniging se 2012-konferensie in Kaapstad.
Volgens Econex se jongste verslag blyk dit dat tariefverhogings nie die hoofoorsaak is vir die stygende besteding aan private hospitale nie, maar eerder gebruik, het Theron verder gesê.
Econex het data ontleed van Mediclinic-, Life- en Netcare-hospitale en bevind dat veral ouer mense meer hospitaal toe gaan en langer daar bly.
Dr. Malebone Matsoso, direkteur-generaal van gesondheid, het by die konferensie gesê die staat se voorbereidings vir die nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV) is op dreef.
Sy het gesê die departement kan binne dié finansiële jaar reeds met die private sektor begin kontrakteer vir dienste in die distrikte waar hy die NGV wil toets.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter