Mandela 'opgewonde' oor nuwe banknote
2012-11-06 12:28
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.29% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.42 | 0.39% | 1348.56 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | 0.1% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1370.00 | -0.37% | 41836.02 | 0% |
Pretoria – Oudpres. Nelson Mandela is opgewonde oor die nuwe banknote waarop sy gesig pryk, het Gill Marcus, president van die Reserwebank, in Pretoria gesê.
Die Mandela-banknootreeks is Dinsdag uitgereik.
"Hy is verheug en baie opgewonde daaroor. Ons het die ontwerpe en alles vir hom gewys," het sy gesê.
"Dit is ons manier om hom te vereer. Madiba verteenwoordig iets spesiaal. Hy is regtig 'n merkwaardige mens."
Marcus het Dinsdagoggend die eerste transaksie met die nuwe banknote in Lynnwood, oos van Pretoria, gemaak.
Sy het gesê die nuwe banknote sal later Dinsdag by banke en OTM'e beskikbaar wees.
Marcus het ook gesê dit is moeilik om die nuwe note te vervals.
Die enigste uitsondering is dat die nuwe R200-noot geel-oranje sal wees om dit van die R20-noot te onderskei.
Nes die huidige reeks note word die Groot Vyf steeds op die nuwe note uitgebeeld, maar die diere verskyn nou op die agterkant.
Die veiligheidskenmerke op die nuwe note kan maklik geïdentifiseer word deur ’n sogenaamde “sien, voel en kantel”-aanslag.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA