MTN swyg oor Ramaphosa
2013-01-24 11:35
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Cyril Ramaphosa, adjunk-president van die ANC, het sy bedanking van die rade van Lonmin en Mondi aangekondig, maar die MTN-groep rep geen woord oor sy pos by dié maatskappy nie.
Die platinumvervaardiger Lonmin het Woensdag gesê Ramaphosa gaan sy pos as nie-uitvoerende direkteur aan die einde van Januarie verlaat.
Die internasionale papier-en- verpakkingsreus Mondi het ook Woensdag aangekondig dat Ramaphosa uit die poste van nie-uitvoerende direkteur en gesamentlike voorsitter bedank het. Dié bedanking is vanaf 3 Mei van krag.
Ramaphosa het in Desember ná sy verkiesing as adjunk-president van die ANC by die party se verkiesingskonferensie in Mangaung, gesê hy gaan sy sakebelange hersien.
Hy is die onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die MTN-groep en ook die voorsitter van die Bidvest-groep. Hy dien ook op die rade van die biermaatskappy SAB-Miller en die Standard Bank-groep.
Paul Norman, MTN se hoof van menslike hulpbronne, het gesê 'n verklaring wat verlede jaar uitgereik het, is steeds geldig. Hy het gesê die raad van die MTN-groep sal die jongste verwikkelinge met die voorsitter bespreek.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter