MTN mik vir 200 miljoen intekenare
2013-03-07 07:20
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.59 | -0.42% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.43 | 0.33% | 1348.56 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | 0.11% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1370.00 | -0.37% | 41836.02 | 0% |
Johannesburg – Die selfoonreus MTN hoop om teen middel 2013 sy teiken van 200 miljoen intekenare te bereik, het Sake24 Donderdag berig.
Swak selfoonpenetrasie in sy markte sal hom waarskynlik help om dié mylpaal te bereik, het Sifiso Dabengwa, uitvoerende hoof van die maatskappy, Woensdag gesê.
Die groep se getal intekenare het die afgelope jaar met 15,1% tot 189,3 miljoen toegeneem.
MTN het ’n teiken van 21 miljoen nuwe intekenare vir die komende jaar gestel, wat “bereikbaar” is, het Dabengwa gesê. Die gemiddelde penetrasie in al sy markte is slegs 50%.
Nigerië, waar MTN ’n markaandeel van 47,8% het, het byvoorbeeld ’n bevolking van meer as 162 miljoen en ’n penetrasie van net meer as 60%, terwyl Uganda 36 miljoen mense en selfoonpenetrasie van 41% het.
Die groep presteer ook in die plaaslike mark. Organiese groei in Suid-Afrika was ’n stewige 7,1%, en hy het sy markaandeel tot 37,7% vergroot met 3,4 miljoen nuwe intekenare.
Die maatskappy se omset vir die 2012-boekjaar was 10,9% groter op R135,1 miljard.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Reuters