Lugredery se raad afgedank
2012-08-14 12:05
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.40 | -0.96% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.27 | -0.3% | 1365.50 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.07 | -0.61% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.10 | -0.42% | 41413.44 | 0% |
Johannesburg - Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het die raad van die lugredery SA Express afgedank, is Dinsdag berig.
“Groot skeuring” het plaasgevind in die verhouding tussen die minister en die raad weens ‘n dispuut oor rekenkundige stelsels, het Gigaba se woordvoerder, Mayihlone Tshwete, aan SABC-radionuus gesê.
“Ons het twee jaar lank nie finansiële state van die maatskappy ontvang nie,” het Tshwete aan die uitsaaier gesê.
Business Day berig dat die lugredery nie sy 2011/2012 finansiële state aan Gigaba oorhandig het by Maandag se algemene jaarvergadering nie.
Volgens Beeld was daar bewerings van onreëlmatighede, insluitend ‘n BTW betaling van R32 miljoen wat glo verkeerdelik aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gemaak is.
Bates is glo ook bestuur buite die riglyne van aanvaarbare rekenkundige praktyke, het die koerant berig.
Nietemin het Lillian Boyle, wat die voorsitter was vir ‘n ondersoek deur die raad, vroeër vanjaar aan die parlementêre portefeuljekomitee gesê die onreëlmatighede was “rekenkundige foute wat toegeskryf kan word aan die boekhouers se onbevoegdheid en gebrek aan ervaring”.
Boyle is Maandag vervang deur Andile Mabizela, ‘n bekende sakeman met ervaring in die lugvaartbedryf.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA