Lonmin-myners weer by die werk
2013-03-06 12:37
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.00 | -0.41% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.64 | 0.17% | 1402.58 | -2.06% |
| Rand/€ |
 | 13.40 | -0.71% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1367.41 | -1.15% | 41003.25 | 1.69% |
Johannesburg – Lonmin Platinum se mynwerkers, wat vroeër die week begin staak het, het volgens die maatskappy weer teruggekeer werk toe.
“Alle werkers het teruggekeer werk toe; alle bedrywighede is normaal...” het die mynmaatskappy se woordvoerder, Sue Vey, per SMS bevestig.
Sapa berig Lonmin wou egter nie kommentaar lewer oor die eise wat die vakbond Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) gemaak het nie.
Ongeveer 6 000 werkers het vroeër die week vir die oggendskof by die Marikana-myn opgedaag, maar het geweier om ondergrond te gaan. Dit is dieselfde myn waar 34 werkers verlede jaar deur die polisie doodgeskiet is.
Die maatskappy het vroeër gesê die mynwerkers wat staak, word verbind met Amcu, wat eis dat die kantore van die National Union of Mineworkers (NUM) sluit, omdat hy nie meer die meerderheid van die werkers verteenwoordig nie.
Volgens die openbare uitsaaier het die mynmaatskappy se aandeelprys na dié nuus met meer as 1% gedaal.
Intussen het ‘n opname getoon dat onsekerheid oor Suid-Afrika se beleid rakende die mynbedryf die land se beeld skade berokken as 'n beleggingsbestemming.
Die SABC berig Suid-Afrika is in die 53ste plek; laer as Zambië, Namibië, Burkina Faso en Niger. Die land verskyn egter bo Zimbabwe en die DRK op die lys.
Botswana is die Afrika-land wat die hoogste op die lys is en 17de in die wêreld.
Volg Nuus24 op Twitter