Lonmin kan stakers afdank
2012-09-15 13:32
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.46% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Lonmin is ‘n hofbevel van die arbeidshof toegestaan, waarin die staking by sy Marikana-myn onbeskermd verklaar word.
‘n Arbeidsprokureur het aan The Saturday Star gesê die hofbevel kan moontlik lei tot die afdanking van mynwerkers indien hulle aanhou staak.
Die bestuur van die platinum-myn het intussen sy werkers gewaarsku om die jongste loonaanbod op die tafel te heroorweeg of die risiko te loop om hul werk te verloor, het RSG berig.
Lonmin het vroeër R1 875 meer per maand vir rotsboorders aangebied, en R1 321 meer vir algemene ondergrondse werkers. Die aanbod is tot dusver geweier.
Die myn sê hy is van mening dat dié aanbod, onder die omstandighede, billik is en dat hy nie die R12 500 per maand wat geëis word, kan betaal nie.
Die radiostasie berig samesprekings is tot volgende week uitgestel om die werkers kans te gee om daaroor te besluit.
Sapa het intussen berig werkers het Saterdagoggend by ‘n veld langs die koppie waar 34 mense op 16 Augustus in ‘n skietery met die polisie afgemaai is, bymekaar gekom.
Hulle het gesing en wapens rondgeswaai voordat die polisie opgedaag het.
Daarna het ‘n wolk van pepersproei oor die gebied gehang. ‘n Verslaggewer van die nuusagentskap wat op die toneel was, sê rubberkoeëls is ook afgevuur.
Volg Nuus24 op Twitter