Lonmin-baas bedank
2012-12-28 12:01
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.59 | -0.11% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.51 | -0.72% | 1353.72 | -0.68% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.73% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.13 | -0.01% | 40998.58 | 0.35% |
Johannesburg – Ian Farmer, wat vir 'n ernstige siekte behandel word, het die raad in kennis gestel van sy versoek om as hoof- uitvoerende beampte en direkteur van die platinummyn Lonmin te bedank, is Vrydag bekend gemaak.
"Met spyt het die raad ingestem," het die maatskappy gesê.
"Hy was die afgelope vier jaar in die pos en die verbetering van Lonmin se bedrywighede oor dié tydperk kan toegeskryf word aan sy leierskap. Ons wens hom voorspoed toe met sy behandeling en ons sal in kontak bly met hom as 'n gewaardeerde kollega en vriend," het Roger Phillimore, voorsitter van Lonmin, gesê.
Simon Scott, hoof- finansiële beampte, is intussen as waarnemende hoof- uitvoerende beampte aangestel. Hy het egter versoek dat hy nie as kandidaat vir dié pos oorweeg moet word nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter