Kragverhoging sal ekonomie knou – ANC
2013-02-05 10:55
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | -1.22% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.46 | -0.43% | 1323.88 | -1.22% |
| Rand/€ |
 | 12.35 | -1.56% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.73 | 0.79% | 41660.48 | -0.37% |
Johannesburg – Die voorgestelde tariefverhoging van 16% wat Eskom wil instel sal 'n negatiewe uitwerking hê op die ekonomie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.
"Iets moet gedoen word om te verseker dat dit nie daardie vlakke bereik nie," het Mantashe aan joernaliste in Johannesburg gesê.
"Ons moenie net na die tarief kyk nie. Ons moet ook in ag neem dat dit belangrik is om te verseker dat daar die sekuriteit van verskaffing is, so ons kyk nie net na die een kant nie."
Mantashe het gesê die tariefverhoging is verlede week op die ANC se lekgotla in Irene, Pretoria, bespreek.
Eskom vra 'n jaarlikse tariefverhoging van 16% vir die volgende vyf jaar. Dit sal die prys van elektrisiteit van 61 c per kilowatt-uur in 2012/13 tot R1,28 per kilowatt-uur in 2017/18 verhoog.
Die kragreus het sy aansoek vir die tariefverhoging by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien.
Die huidige multijaar-prysvasstellingsmodel eindig op 31 Maart 2013. Nersa sal sy finale besluit in Februarie – ná 'n verlengde konsultasieperiode en openbare verhore – bekendmaak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA