Kommer oor 'permanente skade' aan landbousektor
2013-01-07 18:04
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.40 | -0.96% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.27 | -0.3% | 1365.50 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.07 | -0.61% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.10 | -0.42% | 41413.44 | 0% |
Johannesburg – Planne om met 'n internasionale boikot van uitvoervrugte uit Suid-Afrika te begin, is onverantwoordelik, het die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid Maandag gesê.
"'n Boikot sal eenvoudig geleenthede vir ons mededingers in Suid-Amerika, Australië en Nieu-Seeland skep om in te beweeg en ons markaandeel te gryp," het die Kamer se arbeidsanalis, Michael Bagraim, in 'n verklaring gesê.
Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, het verlede week gesê dié vakverbond sal 'n beroep op die internasionale gemeenskap doen om Suid-Afrikaanse landbouprodukte te boikot, omdat dit in "toestande van slawe-arbeid" verbou is.
"Ons vra ook vir 'n mandaat van die internasionale gemeenskap om die produkte van boere te boikot wat nie behoorlike onderhandelings met hulle werkers wil begin nie," het hy gesê.
Wes-Kaapse plaaswerkers het verlede jaar gestaak, en betaling van R150 per dag geëis.
Minstens twee mense is dood in die betogings, wat tussen 17 Augustus en 4 Desember in landelike gebiede plaasgevind het.
Die staking is afgelas, maar sal na verwagting weer Woensdag begin.
Die Kamer van Handel en Nywerheid het egter benadruk dat so 'n boikot waarskynlik permanente skade aan die Wes-Kaap se landbousektor kan aanrig.
"Soos sake tans staan, het die geweld en verwoesting wat met die plaaswerkers se staking gepaard gegaan het, sowel as die buitensporige eise van vakbondleiers, reeds ons kliënte bekommerd gemaak. Ek het geen twyfel dat hulle reeds met ander verskaffers praat nie," het Bagraim gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA