Kommer oor moontlike belastingverhoging
2013-02-27 07:10
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.46% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Pretoria – Terwyl die land wag op minister Pravin Gordhan om sy begrotingsrede te lewer is een groot vraag op almal se lippe: Gaan die regering belasting verhoog?
Dié kwessie is veral op die voorgrond omdat die ekonomie verlede jaar met slegs 2,5% gegroei het. Boonop verwag ekonome dat dit vanjaar nie veel beter sal gaan nie, berig Sake24.
Die tesourie het in Oktober verlede jaar geskat het dat ekonomiese groei vanjaar tot 3% sal versnel, maar die meeste ekonome is 'n groeikoers van net 2,6% of 2,7% te wagte.
Dit beteken dat die regering teen die huidige belastingkoers nie ’n veel groter inkomste sal kan verwag nie. Gordhan sal ook sy uitgawes moet opstoot om salarisse en toelaes met inflasie te laat tred hou.
“Die druk op die mynbou- en vervaardigingsektor gaan waarskynlik voortduur. Produsente en uitvoerders gaan ook ’n moeilike jaar hê omdat die resessie in die eurogebied na verwagting gaan voortduur,” het Dennis Dykes en Nicky Weimar, ekonome by Nedbank, volgens die publikasie gesê.
Annabel Bishop, ’n ekonoom by Investec, is dit eens dat die ekonomie nie vanjaar sy volle potensiaal sal bereik nie.
“Dit is dus duidelik dat dié week nie die regte tyd is om belasting te verhoog nie, veral nie belasting wat die korporatiewe sektor gaan raak nie.”
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.