'Klein ondernemings sal ekonomie red'
2012-09-17 10:48
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Klein ondernemings sal die dryfkrag agter die ekonomiese herlewing in Suid-Afrika wees, het 'n bank en 'n leidende verskaffer van kredietkaartmasjiene Maandag gesê.
SureSwipe en Mercantile Bank het gesê kleiner maatskappye floreer en neem die leiding in die verskaffing van werksgeleenthede. Beide maatskappye het gevra vir die verdere deregulering van kleiner ondernemings.
"Die regering en ondersteuningsagentskappe, insluitend banke en ondernemings soos ons, moet uit hul pad gaan om klein ondernemings te help om te presteer, want hulle sukses dryf die ekonomie aan," het Paul Kent, besturende direkteur van SureSwipe, gesê.
"Die meeste van ons kliënte is klein en medium ondernemings en hulle het merkwaardige deursettingsvermoë deur die baie moeilike laaste vier jaar. Wat gebeur is dat ons mense sien wat hoë inkomstes verdien, wat voorheen by korporatiewe maatskappye gewerk het, wat entrepreneurs word en hulle eie maatskappye vorm."
Julio Lopes, uitvoerende hoof van Mercantile Bank, het benadruk dat klein ondernemings aan meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag werk verskaf.
– Volg Nuus24 op Twitter.