Inflasie mik na 6%
2012-12-13 10:30
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.00 | -0.44% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.66 | -0.01% | 1402.58 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.39 | -0.64% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1366.80 | -0.02% | 41003.25 | 0% |
Kaapstad – Inflasie volgens die verbruikersprysindeks (VPI) kan volgende jaar die kerf van 6,0% op ’n jaargrondslag oorsteek, het Sake24 Donderdag berig.
Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers dui daarop dat November se VPI onveranderd op 5,6% op ’n jaargrondslag is. Dié syfer stem met die Bloomberg-konsensusverwagting ooreen, het die publikasie berig.
Voedsel bly egter ’n sleutelrisiko vir stygende inflasie. Die VPI vir voedsel het op 'n jaargrondslag met 7,5% opgeskiet, met vleis, groente, brood en graanprodukte wat die grootste bydrae hiertoe gelewer het.
Kerninflasie (die VPI sonder voedsel, nie-alkoholiese drankies, brandstof en energie) was in die oorsigmaand onveranderd op 4,7% .
“Ons beskou voedsel reeds vir ’n wyle as ’n korttermyninflasierisiko en verwag dat dit in die komende maande opwaartse druk op inflasie sal plaas," het Busisiwe Radebe, ekonoom van Nedbank, volgens Sake24 gesê.
"Die verhoging in voedselpryse is steeds die gevolg van die droë Amerikaanse somer – dit duur sowat drie maande vir die uitwerking van só ’n gebeurtenis om in plaaslike voedselpryse te wys.”
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.