Honderde boere vra kwytskelding
2013-03-07 17:58
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.20 | -1.93% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.79 | -0.99% | 1371.18 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.56 | -1.21% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1351.40 | -1.68% | 40784.31 | 0% |
Kaapstad – Meer as 900 boere het aansoek gedoen om kwytskelding van die nuwe minimumloon, het die Mildred Oliphant, minister van arbeid, gesê.
Die nuwe daaglikse minimumloon van R105 het op 1 Maart in werking getree.
Oliphant het gesê sowat 10% van die boere het nie die vereiste dokumente, wat hul aansoeke staaf, ingedien het nie.
"In terme van die aansoeke wat ons ontvang het vir die kwytskelding, is dit sowat 900 applikante, en in terme van daardie aansoeke het 10% geen stawende dokumente gehad nie," het sy op 'n mediakonferensie oor infrastruktuur-ontwikkeling en werkskepping gesê.
"Ons het dit teruggestuur na die werkgewers om te sê ons benodig nog inligting."
Die minister het gesê die applikante verteenwoordig minder as 1% van die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskap.
"Wat duidelik moet wees is dat 900 aansoeke uit die sowat 100 000 boere in die land ontvang is."
Oliphant het gesê sy twyfel dat die nuwe minimumloon "grootskaalse" werkverkliese in die landbousektor sal veroorsaak.
Boere het gedreig om werkers af te lê en het ook hul frustrasie uitgespreek oor die vlak van inligting wat die departement vereis van boere wat om kwytskelding aansoek doen.
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het berigte verwerp dat die "baie beskeie daaglikse loon van R105" grootskaalse meganisasie en werkverliese sal veroorsaak.
Hy het gesê die regering is bereid om boere te help om hulself beter te posisioneer in die mark en om hul bedrywighede meer volhoubaar te maak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA