Gemiddelde huisprys styg
2013-02-18 13:35
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.40 | -0.96% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.27 | -0.3% | 1365.50 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.07 | -0.61% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1360.10 | -0.42% | 41413.44 | 0% |
Johannesburg – Die gemiddelde huisprys het oor die afgelope jaar met 5% gestyg, het die verbandtussenganger ooba Maandag aangekondig.
"Die vertroue in die eiendomsmark verbeter en ons verwag dat pryse sal aanhou om vanjaar nominale prysgroei te toon," het die maatskappy in 'n verklaring gesê.
Die gemiddelde huisprys het in Januarie 2013 'n vlak van R894 510 bereik – dit is 'n styging van 5,2% van die R850 589 in Januarie 2012.
Die mark word gedryf deur eerstekeer-huiskopers.
"Eerstekeer-huiskopers dryf steeds die mark, met meer as 51% van ooba se applikante in Januarie wat eerstekeer-kopers is.
"Die gemiddelde huisprys vir eerstekeer-kopers het jaar na jaar met 5,5% tot R686 452 gestyg en met 3,2% vir maand na maand, tot R665 167."
Die huidige marktoestande is ondersteun deur laer rentekoerse, tesame met eiendomsprysinflasie en verbeterde leenbeleid.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA