'Fiskale afgrond' ál nader in VSA
2012-12-31 16:22
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Amerikaanse politici sal Maandag vir die eerste keer in meer as veertig jaar op 'n Oujaarsaand werk in 'n desperate poging om pynlike belastingverhogings en groot inperkings op staatsbesteding wat outomaties op 1 Januarie intree, af te weer, het Sake24 berig.
Die belastingverhogings en besparingsmaatreëls tree Dinsdag in werking, en kan volgens sommige waarnemers en analiste in 'n finansiële ramp ontaard.
Harry Reid, leier van die Demokrate in die senaat, het die senaat
beveel om Maandagoggend te werk om die sogenaamde fiskale afgrond te
probeer vermy.
Republikeine en Demokrate het die laaste paar dae onderhandel om die fiskale afgrond te vermy, maar Reid sê daar is steeds 'n "aansienlike afstand tussen die twee partye".
Reid het gesê Demokrate is nie bereid om toe te gee tot 'n verlaging in welsynsuitbetalings nie.
Mitch McConnell, Reid se Republikeinse eweknie, het ook gewaarsku dat onderhandelaars ver van 'n ooreenkoms is.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.