Finansiering groot struikelblok vir klein ondernemings
2012-11-21 14:27
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – 'n Gebrek aan toegang tot finansiering is 'n algemene probleem vir klein sakeondernemings, het Sim Tshabalala, uitvoerende hoof van Standard Bank, Woensdag gesê.
"Toegang tot finansiering vir klein maatskappye, veral vir nuwe maatskappye, bly 'n uitdaging," het Tshabalala by 'n vergadering van die Swart Bestuursforum (SB) gesê.
Die rede vir dié probleem is kleiner ondernemings se swak balansstate en gebrek aan bates, het hy gesê.
Tshabalala het erken dat dit nodig is om lenings toe te staan, maar hy het gewaarsku dat banke versigtig moet wees wanneer hulle finansiering verskaf.
"Die belangrikste ding wat 'n bank moet doen is om heeltemal seker te maak die lening word terugbetaal. As dit nie terugbetaal word nie, is die banke insolvent.
"Mense sê ons moet risiko's neem, [maar] ons moet absoluut seker maak [dat die geld daar is] wanneer jy na die bank gaan om jou hard-verdiende salaris te trek."
Hy het gesê kontantvloei kan ook 'n groot probleem wees.
"Weens die geskiedenis van ons land, het die meerderheid van mense nie hulle ouers se pensioen of huise wat aan hulle oorgedra word nie."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA