Finansiële beheer verslap
2013-02-12 16:04
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.67 | -1.28% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.54 | -0.47% | 1348.56 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.41 | -0.62% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1376.33 | 0.09% | 41836.02 | 0% |
Johannesburg – Finansiële beheer in regeringsdepartemente en munisipaliteite bly toenemend agterweë, het Terence Nombembe, die ouditeur-generaal (OG), gesê.
Meer as die helfte van regeringsdepartemente is nie in staat om "geloofwaardige, gehalte-inligting" in hulle finansiële verslae te verskaf nie, het Business Day Dinsdag berig.
Dit beïnvloed die regering se vermoë om sy verantwoordelikhede na te kom, het hy gesê.
Slegs 43% van nasionale departemente het in die laaste boekjaar ongekwalifiseerde ouditverslae gehad, en slegs 18% van munisipaliteite kon daarin slaag, het die OG gesê.
Nombembe het Maandag 'n groep rolspelers van die openbare sektor toegespreek by 'n vergadering wat deur die instituut vir interne ouditeure byeengeroep is.
Slegs 43% van nasionale departemente en 12% van munisipaliteite volg tendermaatreëls behoorlik, het hy gesê.
"Dit baan die weg vir tenderonreëlmatighede om die standaard te word," het Freeman Nomvalo, hoofouditeur, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA