Eskom se nuwe tariewe 'belaglik'
2013-01-15 11:20
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.46% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Die nasionale energie-reguleerder, Nersa, hou binnekort in Kaapstad sy eerste openbare sitting oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die SABC berig.
Die kragverskaffer het reeds aansoek gedoen om elektrisiteitstariewe oor die volgende vyf jaar met 16% per jaar te verhoog.
Groot teenstand teen die verhogings word by die openbare sittings verwag, met talle organisasies wat teen die stygings gekant is.
Die openbare uitsaaier berig Eskom verwag dat hy sowat R1,1 biljoen gaan nodig hê vir die land se elektrisiteitsbehoeftes. Ongelukkig gaan die publiek hiervoor moet opdok.
Intussen het Andrew Kenny, ‘n onafhanklike energie-konsultant, gesê die voorgestelde tariefverhogings wys dat Eskom op winsbejag ingestel is.
Beeld berig Kenny sal binnekort ‘n verslag met dié strekking aan Nersa oordra.
“’n Jaarlikse 16%-tariefverhoging is mal, dom en belaglik,” het hy aan die koerant gesê.
Volg Nuus24 op Twitter