Eskom en kie. betaal R37 milj. vir ontbyt
2013-01-20 13:15
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | 0.33% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.40 | -0.01% | 1360.20 | -0.2% |
| Rand/€ |
 | 12.34 | -0.35% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.93 | 0.05% | 41036.38 | 0.44% |
Drie van die land se grootste maatskappye in staatsbesit dok miljoene rande op om sake-ontbyte van die Gupta-familie, boesemvriende van pres. Jacob Zuma, te finansier, berig Rapport.
Die Guptas is die eienaars van die koerant The New Age, wat by sy reeks sake-ontbyte al gasheer was vir sprekers soos Zuma, Jeff Radebe, minister van justisie, en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings.
Transnet het al R17,5 miljoen vir 18 ontbytsessies opgedok, Eskom het tussen November en einde verlede jaar R7,2 miljoen betaal om ses sessies (teen R1,2 miljoen elk) te borg; en die SABC het die koerant nie ’n sent gevra om hul ontbyte regstreeks op SABC2 uit te saai nie.
Vroeër is berig dat Telkom in die 2012-’13-boekjaar altesame R12 miljoen opgedok het om 12 van dié sake-ontbyte te borg.
Dié onthullings kom in dieselfde week dat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) openbare verhore gehou het oor Eskom se voorgestelde kragverhoging van 16%.
– Volg Nuus24 op Twitter