Ekonome voorspel min groei
2013-02-27 09:23
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 10.20 | -1.93% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 15.79 | -0.99% | 1371.18 | 0% |
| Rand/€ |
 | 13.56 | -1.21% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1351.40 | -1.68% | 40784.31 | 0% |
Johannesburg – Suid-Afrika se voorste ekonome verwag nie ’n skerp oplewing in ekonomiese groei nie, het Sake24 Woensdag berig.
Terselfdertyd verwag dié ekonome ook nie dat die rand of die inflasiekoers vanjaar uit die bus sal val nie, selfs al gaan die tekort op die lopende rekening groot bly.
Dié voorspellings is deur 36 ekonome wat vanjaar aan Sake24 se 26ste Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, gemaak.
Die deelnemende ekonome word gevra om elke maand voorspellings oor 14 ekonomiese veranderlikes te doen, waarna dit in 'n konsensus verwerk word.
Die konsensusvoorspelling is volgens die publikasie dat die ekonomie vanjaar met 2,71% gaan groei. Dit is hoër as die groeikoers van 2,5%, wat Dinsdag deur Statistieke Suid-Afrika aangekondig is.
Groei van 3,33% word vir aanstaande jaar verwag.
Minister Pravin Gordhan sal Woensdag sy begrotingsrede lewer, en dié groeisyfers sal 'n belangrike rol in sy finansiële besluite speel – veral wanneer dit kom by die moontlikheid van belastingstygings.
Gordhan sal na verwagting sy uitgawes moet opstoot om salarisse en toelaes met inflasie te laat tred hou, terwyl die regering se inkomste nie werklik gestyg het nie.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.