Een miljoen meer sal toelaes kry
2012-10-25 15:08
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Kaapstad - Meer as 'n miljoen bykomende Suid-Afrikaners sal oor die volgende drie jaar op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir 'n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê.
Gordhan het as deel van sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 altesaam 17,3 miljoen wees.
Ongeveer 16,1 miljoen mense ontvang tans maatskaplike toelaes.
Toelaes vir kinderonderhoud sal volgens Pravin se verslag die grootste styging toon.
Ongeveer 12,2 miljoen ouers sal oor drie jaar op die staat se hulp aangewese wees om hulle kinders te ondersteun.
Die aantal pensioenarisse en oorlogsveterane, wat tans op 2,8 miljoen staan, sal tot ietwat meer as 3 miljoen styg.
In dieselfde periode sal die aantal gestremdes wat van toelaes afhanklik is, tot 1,1 miljoen daal.
– Fin24.
– Volg Nuus24 op Twitter.