Buitelanders sal dalk nie grond in SA kan besit
2013-02-13 09:49
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.49 | -0.62% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.33 | 0.46% | 1331.25 | -0.67% |
| Rand/€ |
 | 12.28 | -0.95% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.55 | 0.78% | 41595.75 | -0.53% |
Paarl – Boere, plaaswerkers en kabinetslede is dit eens dat die landboubedryf nooit weer dieselfde sal wees nie en buitelandse grondbesit is weer in die visier, berig Die Burger.
Boere en plaaswerkers het Dinsdag hul griewe aan adj.pres. Kgalema Motlanthe en ander hooggeplaastes in die nasionale en Wes-Kaapse regering hier op die landgoed Val de Vie oorgedra.
Insetkoste wat vinniger as uitsetkoste styg, beperkte toegang tot buitelandse markte, swak infrastruktuur en die nuwe minimum loon is van die probleme wat boere geopper het.
Verskeie lede van die African Farmers Association of South Africa was veral besorg dat hulle staatsgrond moet huur en die grond nie in hul besit oorgedra kan word nie. Dit beteken hulle kan nie banklenings aangaan om hul infrastruktuur te verbeter nie.
Werkers was veral besorg oor hul lewensomstandighede, die behandeling wat hulle op sommige plase ontvang, hul menseregte, die stadige pas van grondhervorming en dat die nuwe minimum loon van R105 nie genoeg is nie. ’n Plaaswerker het ook gekla omdat buitelanders baie grond besit.
Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê sy departement doen ’n grondoudit, waarna ’n nuwe grondbeleid geformuleer sal word. Dit sluit in dat buitelanders nie grond hier kan besit nie, maar net op lang termyn kan huur.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter